1967 Views |  Like

DEKATv Episode 8 29 November om 18:30 op kykNET

‘n Besonderse digter, eiendomsontwikkeling en koekies vir koffie

Bedags het Diana Ferrus ‘n kantoorwerk, maar saans en naweke is sy ‘n taalaktivis, digter, storieverteller, en help sy mense om te dig en stories te skryf. Gerard Scholtz gesels met haar. Jacques Du Preez en Linda Erasmus kuier vandag by Bushwillow Park in Greenstone Hill. Hier word veral klem op die ontwikkeling in die Oosrand gelê. Om in die platteland te woon beteken nie ‘n mens het nie styl nie. Aleit Swanepoel kuier by Johann en Gera de Wet om te sien hoe die moderne paartjie glans en eenvoud kombineer. Sjef Chantel Dartnall maak ‘n lekker bederf in die Cordev kombuis vir diegene met ‘n soettand.

Eps99.Still003

Diana Ferrus- digter en taalaktivis

Eps99.Still006

Linda Erasmus en Jacques du Preez besoek Greenstone Hill

Eps99.Still014

Aleit Swanepoel is in De Wetshof

Eps99.Still018

Ietsie soet by jou koffie?

Facebooktwitter