750 Views |  Like

Upcycling: Verander weggooi produkte in iets bruikbaar

Upcycling verwys na die proses waar ou of weggegooide materiaal in iets pragtig en bruikbaar omskep word. Hierdie luukse handwerkboek doen presies dit – dit wys hoe om weggooigoed in pronkstukke te omskep. Met die leiding van Misi Overturf, bekende kreatiewe konsultant, word nie minder nie as 50 projekte onderneem wat in vaardigheidsvlak wissel van maklik to gevorderd. Duidelike stap-vir-stap instruksies en pragtige foto’s verseker dat verskillende basiese tegnieke maklik bemeester word. Die projekte maak voorsiening vir die hele huis – selfs jou tuin. Hierdie boek sal jou met nuwe oë na ongewenste goed laat kyk, jou inspireer en jou kreatiwiteit ontsluit.

Die outeur

Misi Overturf is ‘n kreatiewe konsultant, interiorista, doen-dit-self-spesialis en lewenstyljoernalis. In 2013 het sy haar eerste boek, Real Easy Décor & DIY, gepubliseer. Sy lewer gereeld praatjies oor dekor, bied leefstylwerkswinkels aan en gee doendit-selfdemonstrasies.

Facebooktwitter