964 Views |  Like

Dekat Skrywerstafel by Woordfees in Stellenbosch 2017

Skrywers en ander uitgesoekte gaste is gisteraand in ware DEKATstyl tydens die Woordfees op Stellenbosch onthaal. Uitgenooides is met BMW se spogmotors na ‘n privaatwoning vervoer en met die intrapslag het almal geweet dat hierdie aand alles gaan wees waarvoor DEKAT bekend geraak het. En meer.

Die dekor was fabelagtig mooi, glansryk en stylvol. Die tafels perfek gedek met uitbundige blomme, Franse linneservette en die mooiste porselein. Voeg daarby ‘n oorvloed kristalkandelare met brandende kerse, glase vol Leopard’s Leap wyn, verruklike kos en die geselskap van bekroonde skrywers en jy het ‘n aand wat almal nog lank in hulle verbeelding gaan herleef. Volgens DEKAT se eienaar Elzilda Becker beloof die Skrywerstafel om ‘n jaarlikse instelling te word: “Die gaste en skrywers beleef dié aand as ‘n blaaskans en ‘n geleentheid om verhoudings te bou.”

Facebooktwitter