1243 Views |  Like

DeKat Skrywerstafel 2016

“Hoe ongelooflik lekker was dit nie om onbevange met medeskrywers te kon gesels en hande te vat en oor alles onder die son te klets, maar veral ook oor die proses van skryf, want dit is waaroor dit vir ons almal gaan. En dan was daar Kream Restaurant se kos. As die woorde wat ek skryf maar net so fynproewer-perfek uit my rekenaar kon glip soos wat die sjefs hul 5-gang-maaltyd uit die kombuis vrygelaat het, sal ek ʼn gelukkige 2016 hê. En dan was dit inspirerend om om redakteur Elzilda Becker se heerlike lag tussendeur te hoor. Haar onuitputlike energie het die tjerrie op die ete gesit.” Leon van Nierop

“Baie dankie vir ’n onvergeetlike aand. Die kos, wyn en geselskap was voortreflik. Baie geluk aan De Kat met die 30 kersies op die koek. Julle word grasieus ouer!” Keina Swart

“Dit was ʼn feestelike, stylvolle geleentheid met absoluut voortreflike kos , drank en geselskap. Die geleentheid om weer met ou en jarelange kollegas te kon kuier, is ten volle benut! Viva DEKAT, Kream, Leopard’s Leap Wines!” Wilma de Bruin

“Dit was ’n heerlike aand met interessante mense, vrolike geselskap en ’n uitstaande vyfgangmaaltyd!” – Nicol Stassen

“Wat ‘n wonderlike aand weereens deur Dekat, met Elzilda wat ‘n manier het om ons bymekaar te bring met goeie geselskap, ongelooflike kos en ‘n venue waar ons niks behalwe bederf en belangrik kon voel nie. ‘n Groot glimlag op elke gesig, glasies wat so lekker klink, en nuwe- en ou vriendskappe wat kuier saam ons gasheer, Dekat.” Yolandi Jacobsz 

“’n Onvergeetlike aand met goeie geselsskap van ou bekendes en nuwe vriende gemaak, uitstekende cuisine en wyn uit die boonste rakke.”  – Linette van der Merwe

“Wonderlike bevoorregte Boheemse aand saam met Elzilda en haar DEKat Span. Leopard Leap Wyne en Kream Restaurant het ‘n perfekte kombinasie lip-lekker 5 gang spyskaart vir ons opgetower. Met uitstekende geselskap!” Koos Gerard Louw

“Wanneer daar in styl gekuier word kan jy Dekat en haar span daar verwag. Vrolik, fantasties en smaakvol is die eerste 30 gevier. BAIE geluk Elzilda en jou bekwame span!”Dia van Staden

“Dankie aan DeKat vir nog ‘n aand van uitnemendheid! Kream se kos was ongelooflik, ek het Leopard’s Leap se wonderlike Chardonnay / Pinot Noir-mengsel ontdek en die geselskap was, soos verwag kan word, onverbeterlik.” – Hannelie van As

“Wat ‘n prettige, stylvolle ervaring was De Kat se ete by Kream!  Hèèrlik gesels en gekuier met nuwe vriende, aangehelp deur stewige wyne en keurige kos. Dankie Elzilda en span -duidelik in’n ander klas…….!” – Gisela de Villiers

Die heerlikheid van die aand het gestrek van uitstekende geselskap, ‘n uitmuntende spyskaart, pragtige tafels en ‘n algemeneplesierige samesyn. Baie dankie vir al die genoeglikheid! – Renée Conradie

 

01 02 03 04 05 06 07 08 09 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24

Facebooktwitter