Bring die hoop weer terug projek: Hoërskool Outeniqua Fietstoer

Hoërskool Outeniqua se IMPAK-portefeulje is geskoei op die slagspreuk: Wees die verskil wat jy wil sien en span vanjaar met Solidariteit Helpende Hand kragte saam. Helpende Hand fokus daarop om armoede in Suid-Afrika aan te pak en glo die opleiding van ons kinders en jongmense kan die armoedekringloop vir goed verbreek. IMPAK glo ook: As dit nie aan jou vat nie, gee jy nie genoeg nie. Daarom pak hulle as bevoorregte kinders weer ’n fietstoer aan om minderbevoorregte kinders te help. Die fietstoer van 23 tot 27 Junie strek oor 525 km vanaf George tot in Worcester. Die hooffokus van die projek is om geld vir ’n plaaslike skool in te samel. Dié skool, Laerskool Herold, is sowat 30 km vanaf George geleë en die leerders kom uit huise waar finansies druk. Die doel van die projek is om vir dié skool ’n preprimêre klas te bou. 14 preprimêre leerders ontvang tans onderrig in ’n 2m x 3m stoorkamertjie. Die geld sal ook gebruik word om minderbevoorregte kinders in die omgewing te help.

IMPAK en Helpende Hand wil weer HOOP bring vir kinders, die toekoms van ons land, wat hoop verloor het.

Sms ‘HOOP’ na 42266 en skenk R30

MAAK ’N DONASIE HIER

Vir meer inligting, besoek IMPAK (Impak – Hoërskool Outeniqua),  skakel 072 261 2871 of stuur e-pos  na impakohs@gmail.com

 

By | 2018-06-18T17:06:17+00:00 June 14th, 2018|Hoofartikels, Promosies|