625 Views |  Like

Groeptentoonstelling by Southern Guild verdof grense tussen kuns en ontwerp

Die komende groepuitstalling Transformation word by die Southern Guild-galery gehou met 15 Suid-Afrikaanse ontwerpers en kunstenaars wat uitstal. Transformation eksperimenteer met materiaal en skaal en daag die grense tussen skone kunste en funksionele ontwerp uit.

Die werk wat uitgestal word, druk die praktiese sy van ontwerp uit met die emotiewe elemente van die skone kunste en transendeer sodoende albei kategorieë terwyl dit albei vorms van kreatiwiteit herinterpreteer.

Julian McGowan, Southern Guild direkteur en kurator van die uitstalling, het dié uitgesoekte groep uitgedaag om werke te skep wat die publiek uitnooi om soortgelyke vrae te vra. “Ons werk in ’n sfeer waar funksie disfuksie geword het, waar plasing verplasing geraak het en waar bedoeling en ontwrigting ineenvloei,” het hy verduidelik.

Southern Guild gaan Andile Dyalvane se werk by Disign Miami uitstal. Hy word geïnspireer deur die argitektuur van antieke Afrika-stamme, veral die graansilo’s. Hierdie argitektoniese wonderwerke kan oral op die vasteland gesien word en invloede van strukture wat in Mali gebou is, kan in Andile se huis in Ngobozana in die Oos-Kaap gesien word.

Stanislaw Trzebinski stal die derde keer by Southern Guild uit. Sy tradisionele rol van kunstenaar eerder as om as ontwerper te werk beteken dat Transformation hom die platform gee om die twee dissiplines te laat saamsmelt.

Transformation daag die grense van die twee kategorieë van skone kunste en ontwerp uit deur die twee te hibridiseer.

Transformation word gehou by die Southern Guild-galery in Woodstock, Kaapstad, van 24 November 2016 tot 20 Februarie 2017, met ’n voorskou op 23 November om 18:00.

Die uitstalling sluit in werke van Andile Dyalvane, Adam Birch, Conrad Hicks, David Krynauw, Dokter and Misses, Driaan Claassen, Guy du Toit, Jesse Ede, John Vogel, Madoda Fani, Michael MacGarry, Otto du Plessis, Sanell Aggenbach, Stanislaw Trzebinski, Xandre Kriel en ander.

Southern Guild-galery
Eenheid 1, Lewinstraat 10, Woodstock, Kaapstad
Ure: Maandag – Vrydag 10:00-17:00 (Saterdag slegs per afspraak)
www.southernguild.co.za
www.theguildgroup.co.za

conrad-hicks-portrait-2-credit-geof-kirby

Facebooktwitter