1795 Slag van Muizenberg weergalm in nuwe Steenberg wyn-drietal

Steenberg Vineyards het pas ‘n nuwe reeks lieflike, uiters elegante wyne bekend gestel. Die drie wyne in die reeks is elk vernoem na skepe in die Britse Koninklike Vloot wat die Nederlanders in 1795 gedurende die Slag van Muizenberg oorwin het.

Die Ruby, Stately en Sphynx was deel van die eerste Britse besetting van die Kaap van Goeie Hoop toe die Koninklike Vloot op 7 Augustus op die Nederlandse vestings in Muizenberg toegesak het. Skermutselinge het ontstaan ​​nadat die Nederlanders terug getrek het, insluitende botsings op die Steenberg hange.

Ter herinnering aan hierdie kortstondige tog histories beduidende stryd, staan hul naamgenote vandag trots as deel van Steenberg se reeks wyne. Die drie nuwe wyne word uitgesonder deur hul roosgoud nekomhulsuls en delikate filigraanafwerking.

“Ons is opgewonde om hierdie nuwe reeks wyne bekend te stel, veral omdat dit ‘n gaping in ons portfolio vul. Hierdie reeks gee ons die kans om wynliefhebbers meer keuse te bied teen ‘n aanloklike prys. Ons het werklik op kwaliteit gefokus en is trots om hierdie drie wyne by ons Steenberg versameling te voeg,” sê Keldermeester JD Pretorius.

Steenberg Ruby Rosé 2017 is ‘n aanloklike versnit van Syrah (51%) en Cinsault (49%) met sweempies waatlemoensorbet en toffie-appel. Dié lieflike vrugtige wyn spog reeds met ‘n Dubbel Goud van Rosé Rocks 2017, Suid-Afrika se enigste kompetisie toegewy aan roséwyn. Hierdie droë Rosé is verfrissend tog vol en romering met hope diepte. Sappige framboos, wilde aarbeie en tikkies spesery speel op die tong met vars verkwikkende sitrusgeure. Dit is die perfekte wyn vir lente, somer, Vrydae en alle lekkerleef geleenthede tussendeur.

Steenberg Sphynx Chardonnay 2017 is ‘n ligte vatgefermenteerde Chardonnay van noukeurig uitgesoekte wingerde in Robertson en Bonnievale. Dié wyn loop oor van geure van lemoenbloeisels, botterkaramel en geel steenvrugte, deurweef met ryk kweper en peer op die tong. Hierdie Chardonnay is ideaal om nou te geniet en sal ook pragtig verouder vir ‘n verdere twee tot vyf jaar. Geniet dit saam met skulpvis, romerige sop en geroosterde vis.

 

Steenberg Stately 2015 is ‘n volronde versnit van Cabernet Sauvignon (63%) en Shiraz (37%). Geure van ryp braambessies, gedroogte swart olywe, ryp moerbeie en vars gemaalde swart pepper begroet die sintuie. Met die tweede draai van die glas, ontsnap sweempies soethout, kamfer en ‘n onmiskenbare aardse karakter. Hierdie is ‘n weelderige wyn met ‘n sysagte tekstuur en elegante tanienstruktuur. Geniet dié rooiwyn op sy eie of saam met ryk bredies en lekker geroosterde vleisdisse.

Die Ruby Rosé 2017 is teen R86, die Sphynx Chardonnay 2017 teen R135 en die Stately Red 2015 teen R135 per bottel by die Steenberg kelder in Constantia beskikbaar. Al drie hierdie wyne sal ook binnekort in wynwinkels landwyd beskikbaar wees. Vir meer inligting besoek www.steenbergfarm.com of neem deel aan die gesprek op Twitter @SteenbergWines en Facebook by facebook.com/steenbergestate, #SteenbergFleet.

 

Meer oor die Slag van Muizenberg

Die Slag van Muizenberg was ‘n klein tog beduidende militêre gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hierdie stryd het in 1795 naby Muizenberg plaasgevind en ontaard in die eerste Britse besetting van die Kaap van Goeie Hoop.

Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie (VOC) het die Kaap van Goeie Hoop gedurende hierdie tyd beheer. As gevolg van die verskuiwing van mag in Nederland, het Britanje ‘n strategiese bondgenoot verloor en daarmee toegang tot die Kaap, ‘n belangrike verversingsstasie tussen Europa en die Verre Ooste. Om hul handelsroete te beveilig, het die Britse Oos-Indiese Kompanjie die Britse regering oorreed om in te gryp.

‘n Vloot van nege Britse Koninklike Vloot skepe is na die Kaap gestuur. Hierdie vloot het bestaan uit drie 74-geweer skepe (die vlagskip Monarch, Arrogant & Victorious), drie oorlogskepe met 64 gewere (America, Ruby & Stately), ‘n fregat (Sphynx) en twee sloepe (Echo & Rattlesnake). Die vloot het Britanje op die 1ste Maart verlaat en het Simonsbaai vroeg in Junie 1795 bereik.

Gedurende daardie tyd is Simonsbaai as die amptelike winterhawe gebruik wanneer swaar weer dit moeilik gemaak het om in Tafelbaai te anker. Aangesien Steenberg Plaas (toe bekend as Swaaneweide) slegs ‘n dagreis tussen Simonsbaai en Kaapstad was, is die plaas dikwels gebruik as verblyf vir diegene aan boord van die skepe.

Die Britte het op 14 Junie beheer van Simonstad geneem. Nadat die Nederlanders na hul fort net buite Muizenberg teruggetrek het, het die Britte nog twee bataljons gevorm. Die totale aantal Britse soldate was 1 800 teenoor die Nederlanders se 300 mans.

Op die middaguur van die 7de Augustus het die Britte na Muizenberg marsjeer, met ondersteuning ter see deur die America, Stately, Echo en Rattlesnake. Die Nederlandse fort was binne die omvang van die skepe se gewere omdat dit so naby aan die kus opgerig is.

Teen 14h00 het die Nederlanders teruggetrek na Zandvlei (vandag bekend as Retreat) sodat die Britte beheer oor die Kaap kon neem.

By | 2017-09-05T13:42:51+00:00 September 5th, 2017|Kos|